Dag Heward-Mills is ’n produktiewe skrywer van baie boeke, wat die topverkoper “Lojaliteit en dislojaliteit” insluit. Hy is die stigter van meer as drie duisend kerke en die invloedryke Anagkazo-Opleidingsentrum vir Bybelkunde en Bediening. Hy is die stigter van die Verenigde Denominasies wat ontstaan het uit die Lighthouse Groep van Kerke en wat tans uit drie duisend kerke bestaan. Dag Heward-Mills, ’n internasionale evangelis, bedien in Healing Jesus-veldtogte en konferensies oral oor die wêreld. Vir meer inligting, besoek www.daghewardmills.org.
-
Net een ding kom in jou gedagtes op as jy die woord "herder" hoor - skape! Skape is afhanklike diere wat 'n herder nodig het. 'n Herder is 'n gids wat die skape liefhet en versorg. Die Bybel praat van ons as die skape van God se weide. Jesus het vir Petrus opdrag gegee om sy skape te laat wei en so te bewys dat hy sy Verlosser liefhet. Om 'n herder te wees, is 'n baie belangrike werk. Dit is 'n eer om deur God geroep te word om by sy werkmag aan te sluit en vir sy skape te sorg. In hierdie boek nooi Dag Heward-Mills ons uit, moedig hy ons aan en wys hy vir ons hoe ons by die groot werk betrokke kan raak om God se mense te versorg. Moenie die geleentheid van hierdie wonderlike werk misloop om 'n herder te word nie!
-
Jesus Christus onthul die ontnugterende beginsel wat voorspoed en rykdom beheers. Hy wat het, sal meer kry! Hoe onregverdig klink dit nie! En tog is dit die werklikheid wat elke dag voor ons oë afspeel. Hierdie boek wil dié Skrifdeel verstaanbaar maak wat deur min verstaan word. Jy sal groot insig in die geheimenisse van voorspoed verkry as jy hierdie nuwe boek deur Dag Heward-Mills lees.
-
Baie mense sukkel met die gedagte om tiendes te betaal, al het hierdie oeroue praktyk tot die legendariese rykdom van die Jode aanleiding gegee. In hierdie boek leer biskop Dag Heward-Mills ons hoe die betaal van tiendes met die beginsels van die skepping van die rykdom en die wonder van voorspoed verband hou. Geniet een van die klassieke werke van Dag Heward-Mills.
-
Pastors is onder druk om hulle gemeentes met die goeie nuus opgewonde te maak en te beïndruk. Hierdie druk van die mense af het meegebring dat die woorde van Christus verdraai word totdat die boodskap van die kruis amper nie meer herken kan word nie. Vandag keer ons terug na die grondwaarhede van die Christendom dat ons moet “verloor” sodat ons Christus as “wins” kan verky. Die kerk sal weer krag ervaar as ons preek dat ons vir Christus moet opoffer, ly en sterf. Die krag van Christus se woorde kan deur niemand tot niet gemaak word nie, maak nie saak hoe suksesvol of kragtig hy is nie.
-
Bestaan die bonatuurlike vandag? Kan ek in die bonatuurlike optree? As God nog mense genees, waarom genees Hy nie almal nie? Hoe kan ek die salwing tot genesing ontvang? Ontdek die antwoorde op hierdie en baie ander vrae oor die openbarings van die Heilige Gees deur die bladsye van hierdie opwindende boek deur Dag Heward-Mills.