-
As ’n Christen moet die grootste en lieflikste invloed in jou lewe dié van die Heilige Gees wees. Hierdie boek help jou om te verstaan hoe jou karakter, jou gewete, jou kreatiwiteit en selfs jou vermoë om heilig te lewe deur die Heilige Gees beïnvloed kan word. Deur hierdie fenomenale boek deur Dag Heward-Mills leer jy om die Heilige Gees toe te laat om jou lewe vir altyd te beïnvloed, te inspireer, aan te raak en te verander.
-
Die skat van die salwing is in die gesalfde. Die salwing is onlosmaaklik van die persoon wat gesalf is. Die salwing is in die man van God! Die salwing is met die man van God! Die salwing is op die man van God! Hierdie nuwe en opwindende boek deur Dag Heward-Mills sal die harte verbly van diegene wat na die salwing op soek is.
-
Die aanplant van kerke is 'n verskynsel wat wydverspreid is onder charismatiese predikante. Dit was 'n groot aktiwiteit van die vroeë dissipels. Suksesvolle aanplant van kerke vereis egter vaardigheid en omhels verskeie faktore. Dag Heward-Mills ontleed die verskillende komponente van die aanplant van kerke in hierdie boek. Dit is 'n opleidings handboek vir enige minister wat die aanplant van...
-
Ons weet dat kerkgroei ontwykend is en moeilik om te bereik. Alle pastors begeer dat hulle kerke moet groei. Hierdie boek bied die antwoord op jou strewe na kerkgroei. Jy sal leer hoe “baie verskillende dinge” saamwerk om kerkgroei te bereik. Liewe pastor, soos die woorde en die salwing van hierdie boek in jou hart wortel skiet, sal jy die kerkgroei ervaar waarvoor jy gebid het.
-
“Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, SODATMY HUIS VOL KAN WORD.” Luke 14:23. Die roepstem uit God se hart is dat die wêreld gered moet word, en dat sy huis - die kerk - vol moet word! Uit hierdie openbaring is hierdie boek gebore, “Die mega-kerk” deur Bishop Dag Heward-Mills, pastor van een van die grootste kerke in Ghana. Jou kerk en bediening sal nooit weer ...
-
Bestaan die bonatuurlike vandag? Kan ek in die bonatuurlike optree? As God nog mense genees, waarom genees Hy nie almal nie? Hoe kan ek die salwing tot genesing ontvang? Ontdek die antwoorde op hierdie en baie ander vrae oor die openbarings van die Heilige Gees deur die bladsye van hierdie opwindende boek deur Dag Heward-Mills.
-
Die Bybel vertel vir ons dat ons almal flaters begaan - pastors is nie uitgesluit nie. Flaters is geneig om jou agteruit te laat gaan en nie vordering te laat maak nie. 'n Flater kan verhinder dat jy vooruitgaan. Watter flaters kan 'n pastor moontlik begaan? Wat sou 'n pastor se tien grootste flaters wees? Jy word uitgenooi om hierdie boek deur te werk en self vas te stel watter foute jy gevaar loop om te maak en hoe jy die groot flaters kan vermy wat 'n pastor geneig is om te begaan. Hierdie uiters belangrike boek sal 'n seën vir jou en jou bediening wees
-
Pastors is onder druk om hulle gemeentes met die goeie nuus opgewonde te maak en te beïndruk. Hierdie druk van die mense af het meegebring dat die woorde van Christus verdraai word totdat die boodskap van die kruis amper nie meer herken kan word nie. Vandag keer ons terug na die grondwaarhede van die Christendom dat ons moet “verloor” sodat ons Christus as “wins” kan verky. Die kerk sal weer krag ervaar as ons preek dat ons vir Christus moet opoffer, ly en sterf. Die krag van Christus se woorde kan deur niemand tot niet gemaak word nie, maak nie saak hoe suksesvol of kragtig hy is nie.
-
In hierdie uitstekende werk ondersoek Dag Heward-Mills gebeure in die werklike lewe van vandag wat op die bediening betrekking het. Hy hanteer praktiese sake soos finansies, politiek, die hantering van persone van die teenoorgestelde geslag en die interaksie tussen belangegroepe in die bediening. Hierdie boek moet deur elke Christen-leier gelees word. Dit is ’n praktiese en duidelike gids oor die beginsels wat met die roeping tot die bediening in verband staan. Dit word sterk aanbeveel vir Bybelskole en vir die toerusting van Christen-leiers oor die algemeen.
-
Jesus Christus onthul die ontnugterende beginsel wat voorspoed en rykdom beheers. Hy wat het, sal meer kry! Hoe onregverdig klink dit nie! En tog is dit die werklikheid wat elke dag voor ons oë afspeel. Hierdie boek wil dié Skrifdeel verstaanbaar maak wat deur min verstaan word. Jy sal groot insig in die geheimenisse van voorspoed verkry as jy hierdie nuwe boek deur Dag Heward-Mills lees.