-
Dr Dag Heward-Mills, 'n besondere Christen-leier, onthul een van sy geheime. "As iemand my sou vra wat die grootste geheim van my verhouding met God is, sou ek sonder huiwering sê dat dit die krag is van die stil tye wat ek elke dag met Hom het." Hy het besluit om hierdie boek te skryf sodat jy ook uit die krag van stiltetyd kan voordeel trek.
-
"Hoe moet ek bid? Waaroor moet ek bid? Waarom is gebed so geheimenisvol? Hoe kan ek vir ’n lang tyd bid? Weet God nie al klaar wat ek nodig het nie? Wat sal gebeur as ek nie bid nie? Sal my gebede regtig verhoor word?" Ontdek die antwoorde op hierdie vrae as jy dié praktiese en tydige boek deur Dag Heward-Mills deurwerk.
-
Jy het Jesus Christus as jou Here en Verlosser aangeneem en jy is gered! Jy is ’n weergebore Christen en jou naam is in die boek van die lewe opgeskryf. Nou vra jy: “Wat is die volgende tree wat ek moet gee?” Om ’n Christen te word, is ’n goeie stap, maar dit is net die begin. Jy moet ’n goeie en sterk Christen word. “Hoe moet ek dit dan doen?” In hierdie klassieke boek sal jy die stappe leer ken wat jy moet doen om ’n sterk Christen te word en te bly wat vir die dood of die wegraping gereed is.
-
Hierdie boek is die deurslaggewende gids om die verlossing deur Jesus Christus te begryp. In hierdie klassieke boek, sal jy verstaan hoe lief Jesus vir jou is, hoe jy weergebore kan word, hoe jy die hel kan vermy en wat dit beteken om 'n nuwe skepsel in Christus Jesus te wees. Gee hierdie boek aan iemand en hulle sal verstaan wat dit beteken om deur die bloed van Jesus Christus gered te word.
-
Baie mense sukkel met die gedagte om tiendes te betaal, al het hierdie oeroue praktyk tot die legendariese rykdom van die Jode aanleiding gegee. In hierdie boek leer biskop Dag Heward-Mills ons hoe die betaal van tiendes met die beginsels van die skepping van die rykdom en die wonder van voorspoed verband hou. Geniet een van die klassieke werke van Dag Heward-Mills.
-
Jesus Christus onthul die ontnugterende beginsel wat voorspoed en rykdom beheers. Hy wat het, sal meer kry! Hoe onregverdig klink dit nie! En tog is dit die werklikheid wat elke dag voor ons oë afspeel. Hierdie boek wil dié Skrifdeel verstaanbaar maak wat deur min verstaan word. Jy sal groot insig in die geheimenisse van voorspoed verkry as jy hierdie nuwe boek deur Dag Heward-Mills lees.
-
In hierdie uitstekende werk ondersoek Dag Heward-Mills gebeure in die werklike lewe van vandag wat op die bediening betrekking het. Hy hanteer praktiese sake soos finansies, politiek, die hantering van persone van die teenoorgestelde geslag en die interaksie tussen belangegroepe in die bediening. Hierdie boek moet deur elke Christen-leier gelees word. Dit is ’n praktiese en duidelike gids oor die beginsels wat met die roeping tot die bediening in verband staan. Dit word sterk aanbeveel vir Bybelskole en vir die toerusting van Christen-leiers oor die algemeen.
-
Pastors is onder druk om hulle gemeentes met die goeie nuus opgewonde te maak en te beïndruk. Hierdie druk van die mense af het meegebring dat die woorde van Christus verdraai word totdat die boodskap van die kruis amper nie meer herken kan word nie. Vandag keer ons terug na die grondwaarhede van die Christendom dat ons moet “verloor” sodat ons Christus as “wins” kan verky. Die kerk sal weer krag ervaar as ons preek dat ons vir Christus moet opoffer, ly en sterf. Die krag van Christus se woorde kan deur niemand tot niet gemaak word nie, maak nie saak hoe suksesvol of kragtig hy is nie.
-
Die Bybel vertel vir ons dat ons almal flaters begaan - pastors is nie uitgesluit nie. Flaters is geneig om jou agteruit te laat gaan en nie vordering te laat maak nie. 'n Flater kan verhinder dat jy vooruitgaan. Watter flaters kan 'n pastor moontlik begaan? Wat sou 'n pastor se tien grootste flaters wees? Jy word uitgenooi om hierdie boek deur te werk en self vas te stel watter foute jy gevaar loop om te maak en hoe jy die groot flaters kan vermy wat 'n pastor geneig is om te begaan. Hierdie uiters belangrike boek sal 'n seën vir jou en jou bediening wees
-
Bestaan die bonatuurlike vandag? Kan ek in die bonatuurlike optree? As God nog mense genees, waarom genees Hy nie almal nie? Hoe kan ek die salwing tot genesing ontvang? Ontdek die antwoorde op hierdie en baie ander vrae oor die openbarings van die Heilige Gees deur die bladsye van hierdie opwindende boek deur Dag Heward-Mills.
-
“Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, SODATMY HUIS VOL KAN WORD.” Luke 14:23. Die roepstem uit God se hart is dat die wêreld gered moet word, en dat sy huis - die kerk - vol moet word! Uit hierdie openbaring is hierdie boek gebore, “Die mega-kerk” deur Bishop Dag Heward-Mills, pastor van een van die grootste kerke in Ghana. Jou kerk en bediening sal nooit weer ...