-
Ons weet dat kerkgroei ontwykend is en moeilik om te bereik. Alle pastors begeer dat hulle kerke moet groei. Hierdie boek bied die antwoord op jou strewe na kerkgroei. Jy sal leer hoe “baie verskillende dinge” saamwerk om kerkgroei te bereik. Liewe pastor, soos die woorde en die salwing van hierdie boek in jou hart wortel skiet, sal jy die kerkgroei ervaar waarvoor jy gebid het.
-
Die aanplant van kerke is 'n verskynsel wat wydverspreid is onder charismatiese predikante. Dit was 'n groot aktiwiteit van die vroeë dissipels. Suksesvolle aanplant van kerke vereis egter vaardigheid en omhels verskeie faktore. Dag Heward-Mills ontleed die verskillende komponente van die aanplant van kerke in hierdie boek. Dit is 'n opleidings handboek vir enige minister wat die aanplant van...
-
Die skat van die salwing is in die gesalfde. Die salwing is onlosmaaklik van die persoon wat gesalf is. Die salwing is in die man van God! Die salwing is met die man van God! Die salwing is op die man van God! Hierdie nuwe en opwindende boek deur Dag Heward-Mills sal die harte verbly van diegene wat na die salwing op soek is.
-
As ’n Christen moet die grootste en lieflikste invloed in jou lewe dié van die Heilige Gees wees. Hierdie boek help jou om te verstaan hoe jou karakter, jou gewete, jou kreatiwiteit en selfs jou vermoë om heilig te lewe deur die Heilige Gees beïnvloed kan word. Deur hierdie fenomenale boek deur Dag Heward-Mills leer jy om die Heilige Gees toe te laat om jou lewe vir altyd te beïnvloed, te inspireer, aan te raak en te verander.
-
Die diepsinnige stelling “Een van julle is ’n duiwel,” is deur Jesus Christus aan sy klein groepie van twaalf dissipels gemaak. Baie van ons word deur die duiwel mishandel omdat ons nie weet hoe om hom te ontmasker of sy handewerk uit te ken nie. In hierdie geïnspireerde boek sal jy die duiwel se sondes ontdek en jou voorneem om nooit daarin te wandel nie. Mag die frase “Een van julle is ’n duiwel” nooit op jou van toepassing wees nie!
-
Kerke is vol mense wat volledig voorgee en dan volledig dislojaal word. Satan se lopersleutel was nog altyd misleiding en voorgee. ‘n Leier wat nie dwarsdeur die masker kan sien van lemand wat voorgee nie, sal as gevolg van sy blindheld baie lyding deurmaak. Intimidasie, familiariteit en verwarring is bose geeste wat bedienaars beveg. Meeste kere weet mense nie eers wat teen hulle veg nie...
-
Mense wat jou verlaat, kan jou vernietig. Niks die gevoel van depressie, verwarring en onsekerheid beskryf wat op jou neerdaal as mense van jou af wegloop nie. Hierdie boek is geskryf om jou te help om die verwoesting te beveg wat losbars wanneer mense jou verlaat. Moenie mislei word nie. Om verlaat of versaak te word, is nie uniek aan jou of aan jou bediening nie. Baie ander het dieselfde lyding.
-
Opstandige mense onthou nie wat vir hulle gedoen is nie en kies dikwels om sekere dinge te vergeet. Judas het nie onthou wat Jesus vir hom gedoen het nie en hy het ook nie onthou wat hy van Jesus gesien en gehoor het nie. Daarom het hy die veragtelike karakter geword wat ons vandag as “Judas” ken. Die vermoë om te onthou is een van die belangrikste geestelike kwaliteite wat ‘n bedienaar kan hê...
-
Hierdie boek is nog 'n gawe uit die pen van Dag Heward-Mills aan alle predikers wat die moeite sou doen om dit te lees. Hierdie boek beantwoord die vrae oor hoe om die ingewikkelde verhouding tussen vaders en seuns te bestuur. Deur die onderrig van hierdie boek sal jy 'n vloek op jou lewe voorkom en vir jouself 'n seën meebring. Vaders is spesiale mense wat seuns en beskermlinge verwek. Sonder vaders sou daar geen kinders wees om die bediening aan ander geslagte voort te sit nie. Die roeping van God gaan vooruit of gaan tot niet afhangend van jou vermoë om met vaders om te gaan. Lees hierdie boek en vermy die vloek wat verband hou met die ontering, veronagsaming en swak verhoudings met vaders.