Dag Heward-Mills is ’n produktiewe skrywer van baie boeke, wat die topverkoper “Lojaliteit en dislojaliteit” insluit. Hy is die stigter van meer as drie duisend kerke en die invloedryke Anagkazo-Opleidingsentrum vir Bybelkunde en Bediening. Hy is die stigter van die Verenigde Denominasies wat ontstaan het uit die Lighthouse Groep van Kerke en wat tans uit drie duisend kerke bestaan. Dag Heward-Mills, ’n internasionale evangelis, bedien in Healing Jesus-veldtogte en konferensies oral oor die wêreld. Vir meer inligting, besoek www.daghewardmills.org.
-
Die Bybel vermaan ons: “Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n” (Filippense 2:4). In hierdie tydige boek daag Dag Heward-Mills jou uit om verder te gaan as om net aan jouself te dink en ook aan ander aandag te gee! Betoon liefde ook aan ander! Hou ander ook in gedagte! Sorg ook vir ander! Lewe ook vir ander! Jesus het vir ons kom sterf omdat Hy ook aan “ander” gedink het. Ek wil meer soos Hy wees. Wil jy ook soos Jesus wees?
-
God het inderdaad baie mense geroep. Ons lewe op aarde is 'n geleentheid om Hom te dien, en God het sy oog op die dinge wat jy doen vir sy Koninkryk. Hierdie boek maak 'n stimulerende lees. As jy die waarhede indrink wat die skrywer oordra, sal jy wysheid ontvang om die geleenthede van jou lewe te gebruik in die regte manier.
-
Die skat van die salwing is in die gesalfde. Die salwing is onlosmaaklik van die persoon wat gesalf is. Die salwing is in die man van God! Die salwing is met die man van God! Die salwing is op die man van God! Hierdie nuwe en opwindende boek deur Dag Heward-Mills sal die harte verbly van diegene wat na die salwing op soek is.
-
Die Bybel praat van baie soorte bloed: die bloed van bokke, die bloed van skape, die bloed van duiwe! Die Bybel sê ook nadruklik dat daar sonder die vergieting van bloed geen vergewing van sonde kan wees nie. Kan een van hierdie soorte bloed dan ons sonde wegneem? Die antwoord is 'n besliste "Nee!" Wat kan dan ons sonde wegneem? Niks anders as die bloed van Jesus nie! Net die bloed van Jesus het die krag om ons sonde weg te was en vir ons verlossing te bring. In hierdie baie belangrike boek sal jy baie kosbare waarhede oor die bloed van Christus vind. Jy sal uitvind hoe die bloed van Jesus lewe gee en hoe die bloed van Jesus sy belangrikheid verkry het. Jy sal die interaksie tussen die bloed van Jesus en die Heilige Gees leer verstaan. Daar is voorwaar krag in die bloed van Jesus!
-
Om God te volg, is 'n opwindende ontdekkingsreis. Jesus het die kuns om ander mense te volg en na te doen, 'n antieke kuns om iets aan te leer, as sy belangrikste metode van onderrig gekies. Moenie wegskram van hierdie beproefde metode van onderrig nie. Dit het tyd geword om die skoonheid en die nederigheid te begryp van die kuns om na te volg. In hierdie boek sal jy lees wie, wat en hoe jy doeltreffend moet volg. Hierdie briljante nuwe boek van Dag Heward-Mills gee weer aan die kuns van navolging sy regmatige plek in ons as Christene se lewe.
-
Om 'n kuns te ontwikkel is om 'n vermoë of vaardigheid te ontwikkel. Die Bybel sê dat manne met vaardigheid guns van God ontvang. Die werk van die bediening vereis groot vaardigheid. Hierdie nuwe boek, "Die kuns van bediening" is 'n broodnodige bron vir almal wat verlang om die werk van die bediening te doen. Dit verduidelik wat regte en verkeerde denke oor die bediening is, wat die werk van die bediening behels, wat van jou as 'n werker in die bediening verwag word en hoe om die take van 'n bedienaar uit te voer. Het jy al gewonder oor hoe om jou werk in die bediening te doen? Hierdie besondere boek deur Dag Heward-Mills daag jou uit om waardig in die roeping van God te wandel en lei jou om jouself geheel en al aan die werk van die bediening te gee.
-
As jy ‘n herder van God se kudde is, sal jy baie hulp uit hierdie weldeurdagte boek kry. Hierdie bladsye bevat gedetailleerde en kunstig uitgesoekte lering wat vir jou sukses lewensbelangrik is. Biskop Dag Heward-Mills deel praktiese insigte mee wat hy in meer as derting jaar se ondervinding in die bediening opgedoen het. As jy ’n begeerte het om ‘n herder van God se volk te word, is dit die boek
-
Die roeping tot die bediening is 'n roeping tot leierskap. Met 'n gemaklike en praktiese benadering beskryf dr Dag Heward-Mills weer eens die beginsels wat van hom 'n uitstekende Christen-leier gemaak het. Die waarhede wat hier uiteengesit word, sal baie mense inspireer om die kuns van leierskap suksesvol te beoefen.
-
Die kuns om God se stem te hoor: Daar is geen onderwerp belangriker as om binne die volmaakte wil van God te lewe nie. Die een ding wat bedienaars van die evangelie onderskei, is hulle vermoë om die stem van God reg te hoor. Hoe belangrik is dit nie om die Heilige Gees in die volmaakte wil van God te volg nie! As jy in die volmaakte wil van God lewe, sal jy voorspoedig wees en alles bereik wat in die wil van God vir jou weggelê is. Die uitstekende werk deur Dag Heward-Mills sal 'n groot impak op jou lewe en bediening hê.
-
As ’n Christen moet die grootste en lieflikste invloed in jou lewe dié van die Heilige Gees wees. Hierdie boek help jou om te verstaan hoe jou karakter, jou gewete, jou kreatiwiteit en selfs jou vermoë om heilig te lewe deur die Heilige Gees beïnvloed kan word. Deur hierdie fenomenale boek deur Dag Heward-Mills leer jy om die Heilige Gees toe te laat om jou lewe vir altyd te beïnvloed, te inspireer, aan te raak en te verander.