Dag Heward-Mills is ’n produktiewe skrywer van baie boeke, wat die topverkoper “Lojaliteit en dislojaliteit” insluit. Hy is die stigter van meer as drie duisend kerke en die invloedryke Anagkazo-Opleidingsentrum vir Bybelkunde en Bediening. Hy is die stigter van die Verenigde Denominasies wat ontstaan het uit die Lighthouse Groep van Kerke en wat tans uit drie duisend kerke bestaan. Dag Heward-Mills, ’n internasionale evangelis, bedien in Healing Jesus-veldtogte en konferensies oral oor die wêreld. Vir meer inligting, besoek www.daghewardmills.org.
-
As jy ‘n herder van God se kudde is, sal jy baie hulp uit hierdie weldeurdagte boek kry. Hierdie bladsye bevat gedetailleerde en kunstig uitgesoekte lering wat vir jou sukses lewensbelangrik is. Biskop Dag Heward-Mills deel praktiese insigte mee wat hy in meer as derting jaar se ondervinding in die bediening opgedoen het. As jy ’n begeerte het om ‘n herder van God se volk te word, is dit die boek
-
Net een ding kom in jou gedagtes op as jy die woord "herder" hoor - skape! Skape is afhanklike diere wat 'n herder nodig het. 'n Herder is 'n gids wat die skape liefhet en versorg. Die Bybel praat van ons as die skape van God se weide. Jesus het vir Petrus opdrag gegee om sy skape te laat wei en so te bewys dat hy sy Verlosser liefhet. Om 'n herder te wees, is 'n baie belangrike werk. Dit is 'n eer om deur God geroep te word om by sy werkmag aan te sluit en vir sy skape te sorg. In hierdie boek nooi Dag Heward-Mills ons uit, moedig hy ons aan en wys hy vir ons hoe ons by die groot werk betrokke kan raak om God se mense te versorg. Moenie die geleentheid van hierdie wonderlike werk misloop om 'n herder te word nie!
-
Om God te volg, is 'n opwindende ontdekkingsreis. Jesus het die kuns om ander mense te volg en na te doen, 'n antieke kuns om iets aan te leer, as sy belangrikste metode van onderrig gekies. Moenie wegskram van hierdie beproefde metode van onderrig nie. Dit het tyd geword om die skoonheid en die nederigheid te begryp van die kuns om na te volg. In hierdie boek sal jy lees wie, wat en hoe jy doeltreffend moet volg. Hierdie briljante nuwe boek van Dag Heward-Mills gee weer aan die kuns van navolging sy regmatige plek in ons as Christene se lewe.
-
Om 'n kuns te ontwikkel is om 'n vermoë of vaardigheid te ontwikkel. Die Bybel sê dat manne met vaardigheid guns van God ontvang. Die werk van die bediening vereis groot vaardigheid. Hierdie nuwe boek, "Die kuns van bediening" is 'n broodnodige bron vir almal wat verlang om die werk van die bediening te doen. Dit verduidelik wat regte en verkeerde denke oor die bediening is, wat die werk van die bediening behels, wat van jou as 'n werker in die bediening verwag word en hoe om die take van 'n bedienaar uit te voer. Het jy al gewonder oor hoe om jou werk in die bediening te doen? Hierdie besondere boek deur Dag Heward-Mills daag jou uit om waardig in die roeping van God te wandel en lei jou om jouself geheel en al aan die werk van die bediening te gee.
-
Die kuns om God se stem te hoor: Daar is geen onderwerp belangriker as om binne die volmaakte wil van God te lewe nie. Die een ding wat bedienaars van die evangelie onderskei, is hulle vermoë om die stem van God reg te hoor. Hoe belangrik is dit nie om die Heilige Gees in die volmaakte wil van God te volg nie! As jy in die volmaakte wil van God lewe, sal jy voorspoedig wees en alles bereik wat in die wil van God vir jou weggelê is. Die uitstekende werk deur Dag Heward-Mills sal 'n groot impak op jou lewe en bediening hê.
-
Die Griekse woord LAIKOS beteken "om geen vaardighede te hê nie". Die geskiedenis het ons oor en oor geleer dat groot dinge deur mense bereik word wat "vaardighede kortgekom" het. Leer uit hierdie uitstekende boek deur Dag Heward-Mills wat gebeur waar daar geen lekewerkers in die kerk is nie, hoe om die werk met behulp van lekewerkers te doen en waarom ons moet veg om die lekebediening in stand te hou.
-
Die roeping tot die bediening is 'n roeping tot leierskap. Met 'n gemaklike en praktiese benadering beskryf dr Dag Heward-Mills weer eens die beginsels wat van hom 'n uitstekende Christen-leier gemaak het. Die waarhede wat hier uiteengesit word, sal baie mense inspireer om die kuns van leierskap suksesvol te beoefen.
-
Die Bybel praat van baie soorte bloed: die bloed van bokke, die bloed van skape, die bloed van duiwe! Die Bybel sê ook nadruklik dat daar sonder die vergieting van bloed geen vergewing van sonde kan wees nie. Kan een van hierdie soorte bloed dan ons sonde wegneem? Die antwoord is 'n besliste "Nee!" Wat kan dan ons sonde wegneem? Niks anders as die bloed van Jesus nie! Net die bloed van Jesus het die krag om ons sonde weg te was en vir ons verlossing te bring. In hierdie baie belangrike boek sal jy baie kosbare waarhede oor die bloed van Christus vind. Jy sal uitvind hoe die bloed van Jesus lewe gee en hoe die bloed van Jesus sy belangrikheid verkry het. Jy sal die interaksie tussen die bloed van Jesus en die Heilige Gees leer verstaan. Daar is voorwaar krag in die bloed van Jesus!